
Fisieke fiksheid bestaan uit sport en spele, fisieke oefening en rekreasie aktiwiteite. Dit bevorder die ontwikkeling van fisieke vaardighede in kinders van Graad R tot 5, nl:
1. Perseptuele vermoë
2. Koordinasie
- Handoog-koordinasie
- Voetoog-koordinasie
3. Balans
4. Ratsheid
5. Eksplosiewekrag
6. Soepelheid
7. Krag
8. Spoed
9. Liggaamsamestelling
10. Psigologiese vaardighede

Vanuit die bogenoemde is dit dus belangrik dat kinders van hierdie ouderdomme aan fisieke aktiwiteit sal deelneem om die vaardighede optimaal te ontwikkel. Deur kinders bloot in die tuin te laat rond hardloop ontwikkel meer as helfde van die vaardighede.
Pieter, Marike en Adri
ReplyDeleteek dink dit is goed dat julle mense begin bewus maak van die belangrikheid van fisieke aktiwiteit in jong kinders, veral in die Grade R-5. Dit is werklik baie belangrik dat mense moet weet dat kinders moet rond hardloop en boom klim en speel tot die son ondergaan. Is dit moontlik dat julle een of twee interessante speletjies kan post, wat kan verseker dat kinder/leerders al hierdie vaardighede definitief sal ontwikkel.
Groete
Adri
PieterMarikeAdri
ReplyDeleteFisieke fiksheid verbeter motoriese vaardighede
Die belangrikheid van deelname aan fisieke aktiwiteit is vanuit u aanmerking duidelik. Om kinders van graad R tot graad 5 bloot te stel aan fisieke aktiwiteit skep 'n basis vir volhoubare oefening en deelname in hul volwasse lewens. Verder moet ouers en onderwyser bewus wees van die voordele sodat hul, hul kinders sal aanmoedig en motiveer om aan aktiwiteite deel te neem en om deelname te volhou. Dankie vir die insigbare aanbieding.
Groete
Marike